Vra Ons

 

Vrae wat dikwels gestel word:

Voordele & Inhoud

Waarom moet ek aansluit?

Eenstop: Spaar moeite en tyd deur alles wat u nodig het vir Wiskunde op een plek te kry.

Hulp enige tyd: Kry dadelik hulp met enige gedeelte van die werk wat u kind nog nie bemeester het nie. U kan terug gaan na die vorige jaar se werk om in te haal. Toegang en hulp is beskikbaar enige tyd van die dag of nag 24/7.

Bekostigbaar: Spaar op ekstra wiskunde klasse, u kan nou aanlyn elke dag toegang kry tot materiaal wat u nodig het om nou die werk te verstaan. U hoef nie te bekommer oor logistiek om u kind heen en weer te ry nie. Vir n bekostigbare bedrag het u toegang tot u eie onderwyser in u huis.

Wye dekking: In diepte toets jou kennis en voorbeelde is beskikbaar vir alle gedeeltes van die werk. U hoef nie deur pakke vraestelle te blaai om die spesefieke area te vind waarmee u nou wil werk nie.

Op datum: Inligting en nuwe materiaal word deurlopend bygevoeg. Die nuutste rekenaartegnologie word gebruik om dit aan u te lewer.

Wat kry ek alles?

Onbeperkte toegang tot:
• Video verduidelikings van konsepte met voorbeelde en oplossings
• Onderwerp spesifieke vrae en antwoorde
• Toets jou kennis en antwoorde
• Vraestelle en memorandums
• Breinkaarte
• Wiskunde woordeboek
• Bemeester jou tafels en getalkombinasies deur maklike maniere om dit te leer, oefen en te onthou

Kan ek sien voor ek koop?

Ja, gaan gerus na ons demo bladsy, waar u ‘n demo video van die stelsel kan sien.  Hier word ook van tyd tot tyd vraestelle, videos en ander materiaal opgesit wat vir u ‘n voorsmaak gee.  Indien u enige verdere vrae het kontak ons gerus by kontak@ahawiskunde.co.za.

 

Stem die videos en dokumente ooreen met dit wat my kind in die klas leer?

Alle lesse word saamgestel deur die riglyne van die CAPS dokument te gebruik. Ons raadpleeg ook ander bronne en dikwels is dit saamgestel deur die gebruik van ervaring wat onderwysers self deur die jare opgebou het. Elke onderwyser is uniek in sy/haar eie manier van konsepte oordra. Ons fokus om die konsep oor te dra. Ons fokus daarop dat leerders die konsepte kan verstaan en toepas op moeiliker vrae, en daarop te kan bou in die daaropvolgende jare.

Is daar ‘n spesifieke volgorde wat gebruik word?

Alle werk is ingedeel volgens die CAPS indeling. Gaan na daardie afdeling waarmee u sukkel, of wat die studente die dag in die klas gedoen het, en werk daardeur. Studente kan die videos oor en oor kyk totdat hulle dit verstaan. Doen die voorbeelde en Toets jou Kennis. Studente kan selektief wees en fokus op hul probleemareas of al die werk van ‘n punt af deurwerk. Studente  kan later terug gaan na ‘n vorige afdeling vir hersiening voor toetse en eksamens.  Daar is vraestelle en volledige memorandums wat enige tyd afgelaai kan word, vir hersiening.

Watter Kurrikulum word gebruik?

Tans is alle materiaal gebaseer op die KABV (CAPS) wat in skole in Suid Afrika gebruik word.

Koste & Administrasie

Is toegang vir meer as een Graad?

Elke student het toegang tot al die inligting op die stelsel.  Omdat wiskunde bou op die vorige jaar word die student nie beperk tot slegs een jaar nie.  Elke student kan dus terug gaan na vorige jare se werk.  So lank as wat die lidmaadskap geldig is het die student toegang tot alle inligting op die stelsel.

Wat kos dit?

Daar is opsies vir 3, 6, 9 of 12 maande toegang tot alle inligting – <Skakel na pakkette> Geldige lidmaatskap beteken die student kry toegang tot alle grade.  Elke graad bou op die vorige jaar. Ons unieke stelsel is in Afrikaans opgestel vir hulp met Wiskunde. Die aanlyn materiaal dek tans Graad 4,  5, 6, 7  en Graad 8. Die laaste hoofstukke van Graad 8 word daagliks gelaai.  Ons is besig om Grade 9 – 12 te ontwikkel en daarna word dit gelaai. Sluit aan by ons nuusbrief om op datum te bly wanneer ander grade opgelaai is.

Ek het meer as een kind, hoe werk dit?

Die eerste stap is om ‘n hooflid te registreer.  Die hooflid kan lidmaatskap aanlyn koop vir studente. Die hooflid koop soveel pakette aan soos wat benodig word.  ‘n Lidmaatskap kan slegs op een plek inskakel en sou u op meer as een plek gelyktydig wil inskakel het u meer as een lidmaatskap nodig.  Elke student kry hy/sy eie unieke lidmaatskap nommer wat hy/sy dan gebruik om as Student in te log. Die lidmaatskap verleen toegang vir die tydperk waarvoor die lidmaatskap aangekoop is.  Sodra die lidmaatskap verstryk kan ‘n nuwe lidmaatskap aangekoop word.  Die hooflid kan hy/sy lidmaatskap besonderhede besigtig wanneer hy/sy ingeskakel is onder  “My Lidmaatskap”

Ek wil graag ‘n ander kind borg, kan ek dit doen?

Ja, u kan vir enige student se lidmaatskap betaal.  Wanneer u as hooflid geregistreer is koop u lidmaatskap aan vir enige hoeveelheid studente.  Die lidmaatskap word gekoppel aan ‘n studentenaam.  U ontvang ‘n epos met die student se lidmaatskapnommer waarmee die student kan inskakel.  Die lidmaatskapnommers is ook beskikbaar wanneer u inskakel as hooflid.

Wat het ek nodig?

Om te registreer benodig u ‘n geldige epos adres. U benodig ook toegang tot die internet. U benodig geen addisionele sagteware nie. U kan vanaf enige rekenaar, selfoon of tablet werk.  Ons beveel aan dat u die nuutste weergawes van Google Chrome gebruik vir u webleser.  Laat weet ons asseblief indien u enige probleme ervaar of foute optel.

Is my inligting veilig?

Ons verlang minimum inligting vanaf ons studente wat slegs gebruik word om ‘n beter diens aan u te verskaf. U inligting word nie aan derde partye verkoop, verhuur of bekend gemaak nie. Ons het nie toegang tot u wagwoord nie. Ons stoor ook geen inligting rondom u bankrekening nie.

Hoe betaal ek?

Maak gebruik van ons aanlyn kredietkaart betalings fasiliteit. U kan Payfast se webwerf besoek vir meer inligting. Ons stoor geen besonderhede op ons stelsel nie en maak gebruik van www.Payfast.co.za se betalingspoort.

Kan ek ‘n EFT doen?

Wanneer u geregistreer is en ingeskakel op ons stelsel as hooflid is die EFT besonderhede beskikbaar onder die kennisgewings.  U is welkom om ons te kontak by kontak@ahawiskunde.co.za om alternatiewe betalingsmetodes te bespreek.

Algemeen

Wat van ander vakke?

Aha Wiskunde is op die ahaekhetdit platvorm.  Daar word tans met ander onderwysers onderhandel om ook ander vakke op te laai.  Indien jy sou belangstel om dit te doen, is jy welkom om ons te kontak by kontak@ahawiskunde.co.za

Hoe herwin ek my wagwoord?

Volg hierdie skakel om u wagwoord te herwin of te verander.

Ek is ‘n onderwyser, kan ek dit in my klas gebruik?

Jy is welkom om die videos in jou klas te wys.  Ons versoek egter dat die vraestelle en Breinkaarte nie vermeerder en uitgedeel word nie.

Is alles in Afrikaans?

Ja, alle videos, verduidelikings, toetse, vraestelle, memorandums en alle ander dokumentasie op die webwerf is slegs in Afrikaans.

Hoe meld ek foute aan?

Indien u enige foute raakloop, kontak ons asseblief op kontak@ahawiskunde.co.za sodat ons dit kan ondersoek en regstel waar nodig.

Kan ek op verskillende plekke inskakel?

‘n Lidmaatskap laat net een sessie op ‘n slag toe. U moet dus seker maak dat u uitteken voordat u op ‘n nuwe toestel inteken. Hou u gebruikersnaam en wagwoord veilig. Indien u vermoed dat u gebruikersnaam of wagwoord elders gebruik word, kontak ons dadelik dat ons dit kan regstel.

Het julle vakatures?

Ons is altyd op soek na nuwe talent. Indien u belang stel in ‘n ekstra inkomste, stuur asb u verkorte CV na kontak@ahawiskunde.co.za en ons kontak u.

Ander vrae?

Word u vraag nie hier beantwoord nie? Stuur asseblief u vraag na kontak@ahawiskunde.co.za en ons beantwoord u so spoedig moontlik.