Aha Wiskunde

Wiskunde hulp in Afrikaans

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Die Einde van Jou Wiskunde Nagmerries!

Hulp is hier - jy hoef nie meer te sukkel nie!

Ek weet nie hoe om my huiswerk te doen nie!
Ek het nie tyd om my kind rond te ry of te help nie!
Ek het 'n Tutor wat weet wat aangaan, na ure nodig!
Ek verstaan nie die nuwe metodes nie!
Ek en/of my kind voel oorweldig!
Hulpmiddels is te duur!
Moeg rondgesoek na goeie materiaal, voorbeelde en verduidelikings
My kind verstaan nie as ek verduidelik nie!

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Al die hulp wat jy benodig op een plek:

Wiskunde Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 CAPS Afrikaans Produkte

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Hoe werk dit?

Eenstop: Spaar moeite en tyd deur alles wat u nodig het vir Wiskunde op een plek te kry.

Hulp enige tyd: Kry dadelik hulp met enige gedeelte van die werk wat u kind nog nie bemeester het nie. U kan terug gaan na die vorige jaar se werk om in te haal. Toegang en hulp is beskikbaar enige tyd van die dag of nag 24/7.

Bekostigbaar: Spaar op ekstra wiskunde klasse, u kan nou aanlyn elke dag toegang kry tot materiaal wat u nodig het om nou die werk te verstaan. U hoef nie te bekommer oor logistiek om u kind heen en weer te ry nie. Vir n bekostigbare bedrag het u toegang tot u eie onderwyser in u huis.

Wye dekking: In diepte toets jou kennis en voorbeelde is beskikbaar vir alle gedeeltes van die werk. U hoef nie deur pakke vraestelle te blaai om die spesefieke area te vind waarmee u nou wil werk nie.

Op datum: Inligting en nuwe materiaal word deurlopend bygevoeg. Die nuutste rekenaartegnologie word gebruik om dit aan u te lewer.

Onbeperkte toegang tot:
• Video verduidelikings van konsepte met voorbeelde en oplossings
• Onderwerp spesifieke vrae en antwoorde
• Toets jou kennis en antwoorde
• Vraestelle en memorandums
• Breinkaarte
• Wiskunde woordeboek
• Bemeester jou tafels en getalkombinasies deur maklike maniere om dit te leer, oefen en te onthou

Daar is voorbeelde van die materiaal op ons tuisblad.  Hier word ook van tyd tot tyd vraestelle, videos en ander materiaal opgesit wat vir u ‘n voorsmaak gee.  Indien u enige verdere vrae het kontak ons gerus by kontak@ahawiskunde.co.za.

Alle lesse word saamgestel deur die riglyne van die CAPS dokument te gebruik. Ons raadpleeg ook ander bronne en dikwels is dit saamgestel deur die gebruik van ervaring wat onderwysers self deur die jare opgebou het. Elke onderwyser is uniek in sy/haar eie manier van konsepte oordra. Ons fokus om die konsep oor te dra. Ons fokus daarop dat leerders die konsepte kan verstaan en toepas op moeiliker vrae, en daarop te kan bou in die daaropvolgende jare.

Alle werk is ingedeel volgens die CAPS indeling. Gaan na daardie afdeling waarmee u sukkel, of wat die studente die dag in die klas gedoen het, en werk daardeur. Studente kan die videos oor en oor kyk totdat hulle dit verstaan. Doen die voorbeelde en Toets jou Kennis. Studente kan selektief wees en fokus op hul probleemareas of al die werk van ‘n punt af deurwerk. Studente  kan later terug gaan na ‘n vorige afdeling vir hersiening voor toetse en eksamens.  Daar is vraestelle en volledige memorandums wat enige tyd afgelaai kan word, vir hersiening.

Elke student het toegang tot al die inligting op die stelsel, vir al die grade.  Omdat wiskunde bou op die vorige jaar word die student nie beperk tot slegs een jaar nie.  Elke student kan dus terug gaan na vorige jare se werk.  So lank as wat die lidmaadskap geldig is het die student toegang tot alle inligting op die stelsel.

Daar is subskripsie opsies vir maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks, of jaarliks wat toegang verleen tot alle inligting op die stelsel.  Geldige subskripsie gee die student toegang tot alle grade.  Elke graad bou op die vorige jaar. Ons unieke stelsel is in Afrikaans opgestel vir hulp met Wiskunde. Die aanlyn materiaal dek tans Grade 4,  5, 6, 7  en Graad 8.   Ons is besig om Graade 9 te ontwikkel en daarna word dit gelaai. 

‘n Gebruiker (geldige epos adres) kan slegs op een plek inskakel op ‘n slag.  Sou u op meer as een plek gelyktydig wil inskakel het u meer as een lidmaatskap nodig.  Indien u kinders op verskillende tye wil inskakel kan u dieselfde gebruikers epos gebruik.  Elke gebruiker gebruik hy/sy eie unieke epos adres om in te log en toegang te verkry. Die gebruiker kry onbeperkte toegang vir die subskripsie tydperk.  Eers wanneer die subskripsie gekanselleer word het u nie meer toegang nie.  Indien u steeds ingelog is op een rekenaar/selfoon/tablet, kan u nie op dieselfde tyd inlog op ‘n ander een nie.

Ja, u kan vir enige student se subskripsie betaal. U skep net ‘n gebruiker per epos adres en koop vir daardie epos adres ‘n subskripsie aan.

Om te registreer benodig u ‘n geldige epos adres. U benodig ook toegang tot die internet. U benodig geen addisionele sagteware nie. U kan vanaf enige rekenaar, selfoon of tablet werk.  Laat weet ons asseblief indien u enige probleme ervaar of foute optel.

Ons verlang minimum inligting vanaf ons studente wat slegs gebruik word om ‘n beter diens aan u te verskaf. U inligting word nie aan derde partye verkoop, verhuur of bekend gemaak nie. Ons het nie toegang tot u wagwoord nie. Ons stoor ook geen inligting rondom u bankrekening nie.

Maak gebruik van ons aanlyn betalings fasiliteit. U kan Payfast se webwerf besoek vir meer inligting. Ons stoor geen besonderhede op ons stelsel nie en maak gebruik van www.Payfast.co.za se betalingspoort.

Wanneer u die “Shop” besoek is ons EFT besonderhede beskikbaar in die “basket”  Plaas die bestelling en doen die EFT.  Stuur asb bewys van betaling saam met u bestelnommer na kontak@ahawiskunde.co.za.  U is welkom om ons te kontak by kontak@ahawiskunde.co.za om alternatiewe betalingsmetodes te bespreek.

Op hierdie stadium is dit slegs Wiskunde Graad 4 – Graad 8 in Afrikaans.

Gaan na “my portaal” toe.  Daar het jy die opsie om op “lost your password” te kliek en jou wagwoord te herwin.

Jy is welkom om die videos in jou klas te wys.  Ons versoek egter dat die vraestelle en Breinkaarte nie vermeerder en uitgedeel word nie.

Ja, alle videos, verduidelikings, toetse, vraestelle, memorandums en alle ander dokumentasie op die webwerf is slegs in Afrikaans.

Indien u enige foute raakloop, kontak ons asseblief op kontak@ahawiskunde.co.za sodat ons dit kan ondersoek en regstel waar nodig.

Wanneer jy inskakel met jou epos adres laat dit net een sessie op ‘n slag toe. U moet dus seker maak dat u uitteken voordat u op ‘n nuwe toestel kan inteken. Hou u gebruikersnaam en wagwoord veilig. Indien u vermoed dat u gebruikersnaam of wagwoord elders gebruik word, kontak ons dadelik dat ons dit kan regstel.

Word u vraag nie hier beantwoord nie? Stuur asseblief u vraag na kontak@ahawiskunde.co.za en ons beantwoord u so spoedig moontlik.

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Laai GRATIS af en kry 'n voorsmaak:

Wiskunde Graad 5 hersieningsvraestel 150 punte, 10 bladsye. 
Wiskunde Graad 6 hersieningsvraestel vir Kwartaal 1 en 2:
Wiskunde Graad 7 Breinkaart:  KGV en GGD
(Faktore, Veelvoude en Priemfaktore)

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Video Verduidelikings - 'n paar voorbeelde

Graad 8 Konstruksie – Gebruik ‘n passer en konstrueer ‘n 30 grade hoek
Graad 7 Verhouding – Vergelyk dieselfde soort
Graad 5 – Ruimte en vorm – Transformasies: Rotasie, translasie en refleksie
Graad 6: Langdeling.  Deel ‘n viersyfer getal deur ‘n driesyfer getal met ‘n res

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Video Pret - Sommer Net

Graad 4 pret – Tyd vir Analoog tyd
Graad 7 pret – Beskryf en benoem dele van n sirkel in 20 sekondes

Lidmaatskap Opsies (Toegang tot alle materiaal)

Kontak Inligting:

(Weeksdae 8vm - 4nm)

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Meer oor Aha Wiskunde:

Ons doelwit en visie:

Ons doelwit is om te sien hoe kinders positief verander deur gereelde “aha oomblikke” te beleef, Wiskunde te geniet in hul moedertaal – Afrikaans – en hulle selfvertroue ‘n hupstoot te gee met behulp van nuwe generasie tegnologie.

Missie:

Om studente toe te rus met Wiskundige vaardighede om hul toekoms te verseker. Om die boustene vir Wiskunde vroeg vas te lê vir langtermyn resultate om vir hulle deure oop te maak vir latere beroepskeuses. Om gebruik te maak van tegnologiese hulpmiddels vir die nuwe generasie vanaf jou selfoon, tablet of rekenaar.

Ons Uitdaging:

Hier by ons is dit geweldig belangrik dat leerders wiskunde kan verstaan en doen. Wiskunde help ons redeneer en ook om logies te kan dink. Van jongs af moet kinders positief en vol selfvertroue wees as dit kom by Wiskunde. Ons moet die fondasie versterk aangesien elke jaar op die vorige jaar of afdeling bou. Ons gee dus toegang na alle inhoud van alle grade wat tans gelaai is, gebasseer op die CAPS-stelsel, in afrikaans, hul moedertaal.

Mense leer vandat ons ons oë die eerste keer oopmaak. Dit is juis ons kennis en ervaring wat ons in staat stel om die wêreld om ons te verstaan. Ons dokumenteer, organiseer en deel kennis met ander. Tegnologie gee ons nou die kans om elke kind op sy eie unieke manier te laat leer, om op sy eie te ondersoek, te absorbeer, te verstaan en nuuskierigheid en motivering om nuwe dinge te leer, aan te wakker.

Ons wil graag vir elke kind die opsie gee om self te ontek, te leer. Om die passie vir kennis aan te wakker in elke student, sodat hulle volle potensiaal bereik kan word. Sodat elke leerder enige iets wat hy droom kan bereik, en om hulle voor te berei om die uitdagings te kan aanvaar en die geleenthede wat die toekoms bied aan te gryp.

Gee jou kinders die voorsprong, help hulle nou om met selfvertroue hulle wiskunde te bemeester, in Afrikaans, sodat hulle met toegepaste kennis en selfvertroue in vandag se wêreld kan kompeteer.

Ons boodskap