Sluit aan
Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in
Die Einde van Jou Wiskunde Nagmerries!
Waarmee het jy hulp nodig?
Agtergrond
Die inhoud in hierdie kursus stem ooreen met die spesifikasies van inhoud soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) “CAPS” dokumente.
Die boeke is in lyn met en fokus op die volgende inhoudsareas:
- Getalle, bewerkings en verwantskappe;
- Patrone, funksies en algebra;
- Ruimte en vorm (Meetkunde);
- Meting; en
- Datahandtering.
Die Breinkaarte vir Graad 6 kan in .pdf formaat kan afgelaai word. Onthou hierdie .pdf lêers is drukwerk kwaliteit en is groot om af te laai.
Vraestelle en Memorandums vir Graad 6 is ook in .pdf formaat wat jy kan aflaai. Elke vraestel het sy eie aanlyn memorandum wat jy kan gebruik om jou vraestel te merk. Ons vra dat jy dit slegs vir persoonlike gebruik sal uitdruk en nie kopieë daarvan versprei nie.
Die Wiskunde Woordeboek het al die terme in met verduidelikings wat jy moet ken aan die einde van Graad 6. Maak seker jy verstaan en ken al jou terme.
Inhoud:
Omdat gebruikers se behoeftes verskil het ons dit goed gedink om nie voorskriftelik te wees met die gebruik van die inligting wat ons beskikbaar stel nie. Daar is verskeie maniere waarop jy die kursus kan gebruik soos wat dit jou behoeftes die beste pas soos byvoorbeeld: naslaan en hersiening, opvang van iets wat jy nie in die klas verstaan het nie en natuurlik kan jy van voor af deur alles werk. Ons gee jou toegang vir alle grade so wanneer jy volgende jaar iets nie kan onthou nie kan jy terug gaan na die vorige jare se werk.
Wanneer jy hierdie kursus gebruik vir spesifieke probeemareas of spesifieke gedeeltes vir hersiening ter voorbereiding vir ‘n toets of huiswerk, kan jy net soek na jou spesifieke onderwerp en deur die lesse werk. Alle onderwerpe het ten minste een aanlyn video wat vir jou in detail die gedeelte verduidelik. Jy kan dit oor en oor kyk todat jy verstaan. Jy kan ook op enige plek “pause” of vorentoe of terug gaan net soos jy met enige video kan maak. Ons beveel aan dat jy van oorfone gebruik maak om sodoende beter te kan fokus. Elke hoofstuk het ook voorbeelde en toets jou kennis vrae en antwoorde.
Daar is die kursus oor tafels en getalkombinasies wat jou gaan help om jou tafels en getalkombinasies vinniger onder die knie te kry. Spandeer gereeld tyd om jou tafels en getalkombinasies oor en oor te doen en baie goed te ken.
Indien jy enige foute gewaar, sal ons dit waardeer indien jy vir ons ‘n epos kan stuur na kontak@ahawiskunde.co.za en ons kyk so gou moontlik daarna.
Stuur ook vir ons ‘n epos indien daar enige iets is waarvan jy meer wil leer of indien jy vir ons voorstelle het.
Goeiemore
Ons geniet vir AhaWiskunde baie en ons dogter leer baie met die lesse.
Graag wil ek net ‘n voorstel maak vir ‘n “soek” knoppie op die tuisblad. As voorbeeld : ek soek tans ‘n les oor die Kleinste gemene veelvoud en die grootste gemene deler. En as ek soek by graad 6 se getalle en bewerkings, kry ek nie so ‘n les nie. Weet nie of ek dit iewers mis nie? Wat ek net dink is dat dit dalk makliker vir ouers sal wees as daar ‘n “Soek” knoppie is en wanneer ‘n ouer bv “KGV” intik, dan ‘n lysie kry wat bv se:
graad 6 getalle en bewerking les 3 en dan kan jy klik op die skakel om na die les te gaan.
graad 7 getalle en bewerkings les 6
graad 8 getalle en bewerkings hersiening les 1
Dit is baie vinniger as om by graad 5 te begin en al die onderwerpe deur te kyk, dan graad 6, dan….totdat jy die les kry.
Ek glo dat julle baie tuisonderrig ouers het wat die stelsel gebruik en sal baat vind daarby.
Dit is net ‘n voorstel wat ek maak. Sal bly wees as julle my intussen kan help met waar ek die video les oor Kleinste Gemene Veelvoud kry.
Lekker daggie
Franciske fmkroo@gmail.com
Baie dankie Franciske! Ek het die “soek” funksie oral ingewerk. Ek hoor graag hoe dit werk.
Retha Meiring
Kan nie wag dat die nuwe jaar GRAAD 6 begin nie.
Nuwe dinge nuwe uitdagings
hello dit help so veel my kind het van 56% na 76% gevorder
Dit is uitstekend Elizan! Baie trots, julle harde werk word beloon!