Current Status
Not Enrolled
Price
Closed
Get Started

Aha Wiskunde

Wiskunde hulp in Afrikaans

Sluit aan

Graad 4, 5, 6, 7 en 8 Skryf nou in

Die Einde van Jou Wiskunde Nagmerries!

Agtergrond

Die inhoud in hierdie kursus stem ooreen met die spesifikasies van inhoud soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)  “CAPS” dokumente.

Die boeke is in lyn met en fokus op die volgende inhoudsareas:

  • Getalle, bewerkings en verwantskappe;
  • Patrone, funksies en algebra;
  • Ruimte en vorm (Meetkunde);
  • Meting; en
  • Datahandtering.

Die Breinkaarte vir Graad 7 kan in .pdf formaat kan afgelaai word. Onthou hierdie .pdf lêers is drukwerk kwaliteit en is groot om af te laai.

Vraestelle en Memorandums vir Graad 7  is ook in .pdf formaat  wat jy kan aflaai.  Elke vraestel het sy eie aanlyn memorandum wat jy kan gebruik om jou vraestel te merk.  Ons vra dat jy dit slegs vir persoonlike gebruik sal uitdruk en nie kopieë daarvan versprei nie.

Die Wiskunde Woordeboek het al die terme in met verduidelikings wat jy moet ken aan die einde van Graad 7.  Maak seker jy verstaan en ken al jou terme.

Inhoud:

Omdat gebruikers se behoeftes verskil het ons dit goed gedink om nie voorskriftelik te wees met die gebruik van die inligting wat ons beskikbaar stel nie.  Daar is verskeie maniere waarop jy die kursus kan gebruik soos wat dit jou behoeftes die beste pas soos byvoorbeeld: naslaan en hersiening, opvang van iets wat jy nie in die klas verstaan het nie en natuurlik kan jy van voor af deur alles werk.  Ons gee jou toegang vir alle grade so wanneer jy volgende jaar iets nie kan onthou nie kan jy terug gaan na die vorige jare se werk.

Wanneer jy hierdie kursus gebruik vir spesefieke probeemareas of spesefieke gedeeltes vir hersiening ter voorbereiding vir ‘n toets of huiswerk, kan jy  net soek na jou spesefieke onderwerp en deur die lesse werk.  Alle onderwerpe het ten minste een aanlyn video wat vir jou in detail die gedeelte verduidelik.  Jy kan dit oor en oor kyk todat jy verstaan.  Jy kan ook op enige plek “pause” of vorentoe of terug gaan net soos jy met enige video kan maak.  Ons beveel aan dat jy van oorfone gebruik maak om sodoende beter te kan fokus.  Elke hoofstuk het ook voorbeelde en toets jou kennis vrae en antwoorde.

Daar is die kursus oor tafels en getalkombinasies wat jou gaan help om jou tafels en getalkombinasies vinniger onder die knie te kry. Spandeer gereeld tyd om jou tafels en getalkombinasies oor en oor te doen en baie goed te ken.

Indien jy enige foute gewaar, sal ons dit waardeer indien jy vir ons ‘n epos kan stuur na kontak@ahawiskunde.co.za en ons kyk so gou moontlik daarna.

Stuur ook vir ons ‘n epos indien daar enige iets is waarvan jy meer wil leer of indien jy vir ons voorstelle het.

Kies die les wat jy vandag wil doen

Course Content

Expand All
Lesson Content
0% Complete 0/1 Steps

Leave a Reply