Graad 6 YouTube Videos
Die inhoud van hierdie videos stem ooreen met die spesifikasies van inhoud soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) “CAPS” dokumente.
Omdat gebruikers se behoeftes verskil het ons dit goed gedink om nie voorskriftelik te wees met die gebruik van die inligting wat ons beskikbaar stel nie. Daar is verskeie maniere waarop jy die inhoud kan gebruik soos wat dit jou behoeftes die beste pas soos byvoorbeeld: naslaan en hersiening, opvang van iets wat jy nie in die klas verstaan het nie en natuurlik kan jy van voor af deur alles werk. Ons beveel aan dat jy van oorfone gebruik maak om sodoende beter te kan fokus. Gaan kyk gerus ook na die vorige jaar se werk vir hersiening as jy nie kan onthou hoe om dit te doen nie.
Indien jy enige foute gewaar, sal ons dit waardeer indien jy vir ons ‘n epos kan stuur na kontak@ahawiskunde.co.za en ons kyk so gou moontlik daarna.
Stuur ook vir ons ‘n epos indien daar enige iets is waarvan jy meer wil leer of indien jy vir ons voorstelle het.
Patrone Funksies en Algebra
Ruimte en vorm (Meetkunde)
Meting
Kapasiteit – volume en inhoudsmaat
Datahantering
Graad 6 Opsommings
Kliek op die prent om dit af te laai
Jy kan die opsommings aflaai en gebruik vir hersiening
